“Wat is die lewe as dit nie broos is nie, as daar nie verbrokkeling is nie, as daar nie plek vir pyn of hartseer is nie? Wat is die mens sonder ’n lyf wat onseker tas, woorde wat oor mekaar val, gevoelens wat woel. Is dit nie juis die kaleidoskoop, die polariteit, die wisselwerking van kragte, die wrywing wat die skoonheid na vore bring nie? Wat die voetwerk van die liefde is nie?”
Lyfluister – Gretha van der Merwe
Price: R345
Hard copies available at selected Exclusive Book stores.
Order online from Graffitibooks.co.za platform.
Lyfluister broei al vir 40 jaar in Gretha van der Merwe. In haar dagboeke sedert kleintyd skryf sy oor die dinge wat haar tot hier gebring het. Uitdagings soos depressie, teleurstellings en angswekkende aanvalle wat aanvanklik verkeerdelik as epilepsie gediagnoseer is. Sy is deur skokterapie en Stikland. Totdat sy na haar lyf begin luister het.
In hierdie boek deel sy haar reis – van spirituele ontwaking, van emosioneel volwasse word, van die taal van haar lyf wat sy moes leer vertrou – om nie net te oorleef nie, maar werklik te leef. Dit is ’n projek wat die siel se roeping verken deur die wonde van die lyf, om só die lewe op ’n egte manier te beliggaam en met ’n liefdevolle hart te dien.
Lyfluister is ’n ontdekkingstog deur die sielkunde, meditasie, joga en Oosterse filosofieë. Dit bevat die praktiese raad en oefeninge van ’n ervare afrigter vir diegene wat nadink oor die lewe se grootste vrae: Wie is ek? Wat is die lewe? Wat is liefde? Wie is die Goddelike? Wat is my doel op aarde?
Die antwoorde op hierdie vrae ontvou soms mildelik met ’n dieper inluister na die lyf.
Gretha van der Merwe is ’n leierskap- en lewensafrigter. Sy het ’n meestersgraad in Sielkunde en het die Internasionale Federasie van Afrigters se hoogste vlak verwerf. Haar navorsing is in verskeie vakwetenskaplike joernale gepubliseer. Haar korporatiewe kliënte sluit in die Verenigde Nasies en die Europese Unie. Sy bly in Kaapstad tussen die hange van Tafelberg en die see.
In die Media
boek gesprekke
Is jy deel van ’n boekklub? Kontak my as jy graag wil hê dat ek met jul moet kom gesels.
Word Deel Van Die Gemeenskap


